If you are interested in joining our school, wonderful! A child’s enrolment is a mutual decision between families and the school.
To explore our school a little bit before completing the application form, please register interest here:
To complete an application, here is our process:
As jy belangstel om by ons skool aan te sluit, wonderlik! ‘n Kind se inskrywing is ‘n wedersydse besluitnemingsproses tussen die gesin en die skool.
Om ons skool eers ’n bietjie te verken voordat julle die aansoekvorm voltooi, registreer asseblief belangstelling hier:
Om die aansoekvorm te voltooi, hiermee die proses:
Being part of the Green School family is a big decision, with many factors to consider. An important element of this decision is the financial commitment. The details of our fees are set out below.
Application fee:
We charge an application fee of R2,000 per local family and R3,500 per international family. This fee is to process your application and does not guarantee acceptance in the school.
Placement fee:
Upon being accepted by the school, we charge a non-refundable placement fee of R12,500 to secure your seat.
Tuition fees and levies:
We provide the following payment options:
Termly levies are payable in advance.
Please refer to the attached table of tuition fees and levies.
Sibling discount:
Dis ’n groot besluit om deel te word van die Green School-familie, met baie faktore om in ag te neem. ’n Belangrike aspek van dié besluit is die finansiële onderneming. Hieronder word ons fooi-struktuur uiteengesit.
Aansoekfooi:
Ons vra ’n aansoekfooi van R2 000 per plaaslike gesin en R3 500 per internasionale gesin. Dié fooi dek die verwerking van jou aansoek en waarborg nie aanvaarding tot die skool nie.
Plasingsfooi:
Indien julle aansoek suksesvol is, vereis ons ‘n plasingsfooi van R12,500 per kind om hulle plek in die skool te verseker.
Klasgelde en heffings:
Ons verskaf die volgende betalingsopsies:
Kwartaallikse heffings is vooruitbetaalbaar per kwartaal.
Verwys asseblief na die aangehegte tabel van klasgelde en heffings.
Gesinsafslag:
Contact Kathryn on admissions@greenschoolsa.co.za
Kontak Kathryn by admissions@greenschoolsa.co.za
Green School is truly a whole family experience. The collective energy, passion, creativity, skills, knowledge and cultural diversity of our faculty, staff, parents and our local neighbours is remarkable. At Green School it is our aim to build and develop an entire community of learners, not just learners.
When we receive an application for enrolment, Green School is able to provide some support in moving to South Africa. We do not provide a relocation service, but we have a network or service providers who can competently assist families moving from abroad.
For more information, please feel free to contact us.
Green School is werklik ’n ondervinding vir die hele gesin. Die gesamentlike energie, passie, kreatiwiteit, vaardighede, kennis en kulturele diversiteit van ons fakulteit, personeel, ouers en ons omgewing is merkwaardig. By Green School is dit ons doelwit om ’n hele gemeenskap van leerders te bou en ontwikkel – nie net leerders self nie.
Ons kan ondersteuning bied om na Suid-Afika te verhuis sodra ons ‘n inskrywingsaansoek ontvang het. Ons bied nie ‘n verhuisingsdiens nie, maar ons het ‘n gemeenskap wat gesinne wat van die buiteland verhuis sterk sal ondersteun.
Vir meer informasie, kontak ons gerus.
Green School admits learners whose academic and personal needs can be met by the programmes and learner support services available at the school. While we aim for inclusiveness in our admissions decisions, we reserve the right to refuse admission to learners whom we determine will not benefit educationally from attending Green School. Careful consideration is exercised before admitting learners with physical or learning differences.
The objective of Green School’s Admissions team is to establish a clear understanding of the learning needs of its applicants prior to making placement decisions.
Green School laat leerders toe wie se akademiese en persoonlike behoeftes aan voldoen kan word deur die programme en leerderondersteuningsdienste by die skool. Alhoewel ons streef na inklusiwiteit in ons toelatingsbesluite, behou ons ons die reg voor om toelating te weier vir leerders wat volgens ons nie opvoedkundig sal baat by bywoning van Green School nie. Daar word deeglik oorweeg voordat leerders met fisieke- of leerverskille toegelaat word.
Die doel van Green School se toelatingspan is om ‘n duidelike begrip van die leerbehoeftes van alle aansoeke te bekom en oorweeg voordat plasingsbesluite geneem word.