Search
Close this search box.

Middelskool: Graad 6 - 8

Vir Graad 6 – 8 kinders bied ons multigraad-ervarings aan. Ons het kursusse ontwikkel wat soms oor twee, en ander tye oor drie grade strek. ’n Multigraad-omgewing is spesiaal en baie stimulerend. Ouer kinders het die geleentheid om konsepte wat in vorige jare verduidelik is, baie goed te verstaan en vrae te vra waarvoor hulle andersins nie die vrymoedigheid sou gehad het nie. Hulle kry ook selfvertroue deur vir jonger kinders te kan help. Jonger kinders het weer die geleentheid om te sien hoe kompleksiteit toeneem namate mens se vaardighede groei.

Kursusse:

Aangebied deur Kaptein Luné

Presented by Captain Ari

Aangebied deur Kaptein Joanie

Wiskunde

Graad 5 – 6: 

9:00 – 9:45

Graad 7 – 8: 

15:00 – 15:45

English

Graad 6 – 8: 

10:00 – 10:45

Afrikaans

Graad 6 – 8: 

11:00 – 11:45

Kursusse:

Aangebied deur Kaptein Luné

Presented by Captain Ari

Aangebied deur Kaptein Joanie

Wiskunde:

Graad 5 – 6: 

9:00 – 9:45

Graad 7 – 8: 

15:00 – 15:45

English First Language

Grade 6 – 8: 

10:00 – 10:45

Afrikaans Eerste Taal

Grade 6 – 8: 

11:00 – 11:45

Wiskunde

Ons doel is om op ’n prettige en kreatiewe manier met wiskunde om te gaan. Soos ons saam leer, gaan ons krities dink en besef dat daar meer as een manier is om ’n probleem op te los. By Green School het ons n drie-ledige benadering tot wiskunde: nommers, vorms en verhoudings. Ons kursus is ontwerp om kinders se selfvertroue te bou in basiese verwerkings, teoretiese inhoud, verwerkingsvaardighede en probleemoplossing. Ons hoop julle is hierna net so lief vir wiskunde soos ons – dit is orals rondom ons!

In ons kursusinhoud, is die volgende ingesluit:

  • Breuke
  • Desimale breuke en persentasies
  • Funksies en verhoudings
  • 2D- en 3D-voorwerpe: area, omtrek, oppervlakte
  • Numeriese en geometriese patrone
  • Algebraïese uitdrukkings en vergelykings
  • Grafieke
  • Data-hantering

Afrikaans

Die Afrikaanse klas se doelwit gaan “kreatiewe en kragtige kommunikasie in konteks” wees. Ons gaan die volgende vaardighede deur middel van die studie en skep van verskeie tekste slyp om die doelstelling te bereik:

  • Luister en praat
  • Lees en kyk
  • Skryf en aanbied
  • Taalstrukture en -konvensies

Dit bevorder leerders se letterkundige vaardighede, estetiese aanvoeling en verbeelding, sodat hulle oor die vermoëns beskik om hul leefwêreld te herskep, beter te begryp en hul verbeelding kan gebruik om self doeltreffend te kommunikeer.

English

English is such an important subject because it teaches us to communicate in various ways, most of which we encounter in our daily lives. It also teaches us critical thinking, a skill that is very important in today’s society. I aim to use English to teach my students two main “umbrella” skills: firstly, to think critically about what they see and read every day, and secondly, to be effective communicators. These are both crucial skills for modern living. Explorers’ Club English will be integrating this knowledge and these skills into a different theme every two months. 

In our course planning, we have incorporated the following four skills and learning areas:

  • Listening and speaking 
  • Reading and viewing 
  • Writing and presenting 
  • Language structures and conventions.

Ontmoet ons onderwysers!

Ontmoet ons ongelooflike onderwysers – hierdie is pragtige, inspirerende vroue wat hulle man kan staan vir ’n uitdaging! 

Hulle gaan julle kinders vermaak, hul nuuskierigheid prikkel en kreatiwiteit stimuleer.

Kaptein Luné, van Potchefstroom, Suid-Afrika

Hi daar! My naam is Luné van Rooyen. Ek gaan wiskunde aanbied by die Verkennersklub. Ek is passievol oor mense en lief daarvoor om saam met my vriende te kuier, ’n maaltyd te deel en pret te hê. 

Ek hou van dans, drama en musiek, en om myself kreatief te kan uitdruk. Ek verbeel my soms dat my lewe ’n verhoogstuk is of ’n musiekstuk! 

Ek bly tans in Potchefstroom saam met my man, twee kinders en twee honde. Ek sien uit om julle te ontmoet en lekker saam te leer! 

Kwalifikasies:

Luné het ’n B.Sc in Sielkunde en Wiskunde, asook ’n NGOS van die Noordwes-Universiteit.

Captain Ari, from Hilton, South Africa

Hello everybody. My name is Arielle (Ari) Perrett. I’m a languages and social studies teacher. I am a passionate teacher and lifelong learner. I love creative things, such as drawing, sewing, and photography. I am an avid “foodie” and love the great outdoors – my hobbies include fly fishing, camping, and learning to surf. I hope to share my enjoyment of my subjects with my students! I currently live in KZN with my husband and two dogs. I’ll be teaching English Home Language to the Middle School grades in Explorers’ Club. I’m really looking forward to meeting you all in the Explorers’ Club classes!

Qualifications:

Ari holds a BA Language and Culture as well as Honours in French degree from the University of Stellenbosch. She also received her PGCE from UNISA.

Kaptein Joanie, van Doha, Qatar

Goeiedag! My naam is Joanie Venter. Ek, my man, Riaan, en ons twee brakke, Lizzy en Siya (Mthanda Kolisi) kom van Potchefstroom af. Musiek en enige vorm van kreatiwiteit inspireer my. Ek is n taalentoesias met ’n passie vir onderrig en leer. Ek geniet moderne taaltoffies en om te help om Afrikaans uit brei deur om nuwe woorde te vorm (so terloops, het jy geweet dat die Afrikaanse woord vir iets op Google naslaan, “Googleloer” is?). Die Verkennersklub se Afrikaanse klasse vir onderskeidelik Graad 3-5 en Graad 6-8 sal deur my behartig word. Ons klas gaan ons op verskeie avonture neem, waarvan die eerste reis deur die oseaan gaan wees.

Kwalifikasies

Joanie het ’n BA-graad en ’n Honneursgraad in Tale van die Noordwes-Universiteit.