Search
Close this search box.

Laerskool: Graad 3 – 5

Vir Graad 3 – 5 kinders bied ons multi-graad ervarings aan. Ons het kursusse ontwikkel wat soms oor twee, en ander tye oor drie grade strek. ’n Multi-graad omgewing is spesiaal en baie stimulerend. Ouer kinders het die geleent heid om konsepte wat in vorige jare verduidelik is, baie goed te verstaan en vrae te vra waarvoor hulle andersins nie die vrymoedigheid sou gehad het nie. Hulle kry ook selfvertroue deur vir jonger kinders te kan help. Jonger kinders het weer die geleentheid om te sien hoe kompleksiteit toeneem namate mens se vaardighede groei.

Kursusse

Aangebied deur 
Kaptein Marié

Aangebied deur 
Kaptein Luné

Aangebied deur 
Kaptein Joanie

Wiskunde

Graad 5 – 6: 

9:00 – 9:45

Graad 3 – 4: 

9:00 – 9:45

Afrikaans

Graad 3 – 5: 

10:00 – 10:45

English

Graad 3 – 5: 

11:00 – 11:45

Kursusse:

Aangebied deur 

Kaptein Marié

Aangebied deur 

Kaptein Lune

Aangebied deur 

Kaptein Joanie

Wiskunde:

Graad 3 – 4: 

9:00 – 9:45

Graad 5 – 6: 

9:00 – 9:45

Afrikaans Eerste Taal:

Graad 3 – 5: 

10:00 – 10:45

English First Language:

Graad 3 – 5: 

11:00 – 11:45

Wiskunde

Ons gaan wiskundige konsepte laat leef by die Verkennersklub! Ons gaan ’n prettige, positiewe leeromgewing skep met ’n fokus op regte-wêreld-toepassings. Ons wil hê kinders moet verstaan hoekom wiskunde belangrik is, en hoe dit relevant is in ons daaglikse lewens.

Wiskunde is belangrik omdat dit ’n kritiese bewustheid skep van verhoudings in sosiale, omgewings-, kulturele en ekonomiese situasies. Ons het dit nodig om te kommunikeer, logies te redeneer en regte-lewe-besluite te neem. Ons gebruik dit om ondersoek in te stel, te ontleed, te interpreteer en aan te bied. Wiskunde help ons om probleme te stel en op te los. Verkennersklub- wiskunde gaan hierdie kennis integreer in’n tematiese benadering.

In ons kursusinhoud, is die volgende ingesluit:

Graad 3 – 4:

  • Nommers, verwerkings en verhoudings
  • Patrone, funksies, algebra
  • Spasies en vorms (geometrie)
  • Meting
  • Datahantering

 

Graad 5 – 6:

  • Optel, aftrek, vermenigvuldig en deel van heel getalle
  • Breuke 
  • Lengtes
  • Eienskappe van 2D- en 3D-voorwerpe
  • Geometriese patrone 
  • Simmetrie
  • Gewig en massa
  • Transformasies
  • Temperatuur
  • Data-hantering 
  • Numeriese patrone

Afrikaans

Die Afrikaanse klas se doelwit gaan “kreatiewe en kragtige kommunikasie in konteks” wees. Ons gaan die volgende vaardighede deur middel van die studie en skep van verskeie tekste slyp om by die doelstelling uit te kom:

  • Luister en praat
  • Lees en kyk
  • Skryf en aanbied
  • Taalstrukture en -konvensies

Dit bevorder leerders se letterkundige vaardighede, estetiese aanvoeling en verbeelding, sodat hulle oor die vermoëns beskik om hul leefwêreld te herskep, beter te begryp en hul verbeelding kan gebruik om self doeltreffend te kommunikeer.

English

English is such an important subject because it teaches us to communicate in various ways, most of which we encounter in our daily lives. It also teaches us critical thinking, a skill that is very important in today’s society. 

The aim is to use English to teach two main “umbrella” skills: 

  • Firstly, to think critically about what they see and read every day; and
  • Secondly, to be effective communicators. 

These are both crucial skills for modern living. Explorers’ Club English will be integrating this knowledge and these skills into different themes using experiential learning that is real, responsive and emergent. 

In our course planning, we have incorporated the following:

  • Listening and speaking: listening to varied text, how information from texts are received (prediction, opinions, questions, feedback), listening to others, responding to others.
  • Reading: reading varied texts (pronunciation phrasing, tempo) reading strategies, (predictions, contextual clues), vocabulary, stories (characters, plot, setting), short stories of own.
  • Writing: writing process and structure (grammar, spelling, punctuation), emotive words, first person narrative, using topic and supported sentences, use of visual aids.
  • Language: tenses, adjectives, verbs.

Ontmoet ons onderwysers!

Ontmoet ons ongelooflike onderwysers – hierdie is pragtige, inspirerende vroue wat hulle man kan staan vir ’n uitdaging! 

Hulle gaan julle kinders vermaak, hul nuuskierigheid prikkel en kreatiwiteit stimuleer.

Kaptein Marié van Kaapstad, Suid-Afrika

Hi, my naam is Marié, ek is ’n grondslagfase- en kreatiewe kuns- onderwyser wat tans in Kaapstad bly saam met my man. Ek het ’n dans- en teater- agtergrond en het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika van Dubai waar ek gelukkig was om kinders van regoor die wêreld in my klas te hê. 

Ek is passievol oor holistiese en gesonde leefwyses, om goeie, voedsame kos te kook (en eet) wat by plaaslike en volhoubare boere gekoop is. Ek is baie lief vir optredes! Dans en musiekteaters verlig my siel.

DDS items is waaruit my huis bestaan, en verhoudings en betekenisvolle verbintenisse is waaroor alles gaan. 

 

Kwalifikasies:

Marié het ’n BA Onderwysgraad met ’n grondslagfase-spesialiteit.

Kaptein Luné, van Potchefstroom, Suid-Afrika

Hi daar! My naam is Luné van Rooyen. Ek gaan wiskunde aanbied by die Verkennersklub. Ek is passievol oor mense en lief daarvoor om saam met my vriende te kuier, ’n maaltyd te deel en pret te hê. 

Ek hou van dans, drama en musiek, en om myself kreatief te kan uitdruk. Ek verbeel my soms dat my lewe ’n verhoogstuk is of ’n musiekstuk! 

Ek bly tans in Potchefstroom saam met my man, twee kinders en twee honde. Ek sien uit om julle te ontmoet en lekker saam te leer! 

Kwalifikasies:

Luné het ’n B.Sc in Sielkunde en Wiskunde, asook ’n NGOS van Noordwes-Universiteit.

Kaptein Joanie, van Qatar

Goeiedag! My naam is Joanie Venter. Ek, my man, Riaan, en ons twee brakke, Lizzy en Siya (Mthanda Kolisi) kom van Potchefstroom af. Musiek en enige vorm van kreatiwiteit inspireer my. Ek is ’n taalentoesias met ’n passie vir onderrig en leer. Ek geniet moderne taaltoffies en om te help om Afrikaans uit brei deur om nuwe woorde te vorm (so terloops, het jy geweet dat die Afrikaanse woord vir iets op Google naslaan, “Googleloer” is?). Die Verkennersklub se Afrikaanse klasse vir onderskeidelik Graad 3-5 en Graad 6-8 sal deur my behartig word. Ons klas gaan ons op verskeie avonture neem, waarvan die eerste reis deur die oseaan gaan wees.

Kwalifikasies

Joanie het ’n BA-graad en ’n Honneursgraad in Tale van die Noordwes-Universiteit.