Search
Close this search box.

Welkom by Green School Suid-Afrika

Green School is ’n spesiale plek wat gedurende die laaste dekade wêreldwyd bewys het dat ’n nuwe onderwysmodel nie net moontlik is nie, maar ook noodsaaklik is. Dit het ons geleer dat ’n natuurgesentreerde leeromgewing denkwyses beïnvloed op ’n manier waarin ’n sementboks nooit kan nie; dat praktiese ervaring tot beter begrip as papegaaileer lei; dat oorspronklike interaksie met plaaslike kultuur en gemeenskap besonders verrykend is; en het keer op keer al bewys dat die mensdom se vooruitgang begin met kinders se nuuskierigheid.

Green School-leerlinge is anders. Hulle bemeester nie net die kernvaardighede van wiskunde en tale nie, maar word bemagtigde besluitnemers wat waagmoedig risikos kan bestuur en individue wat doeltreffend met ander kan kommunikeer en saamwerk. Deur student-geleide, praktiese projekte leer hulle om soos entrepreneurs te dink, die regte vrae te vra en vrymoedig na antwoorde te soek. Ons vier diversiteit en ons ryk kultuurbronne in Suid-Afrika en ons leerlinge leer om hulle skoene vol te staan as erkende lede van die skoolgemeenskap asook die wyer gemeenskap waarbinne hulle grootword. Mees belangrik, Green School-leerlinge kweek ’n liefde vir leer as ’n lewenslange nastrewing in ditself.

’n Kampus geïntegreer in die landskap

Ons skool is in die vrugbare Paarl-Franschhoekvallei geleë, omring deur die mooiste berge in ’n area bekend vir sy plantrykdom en natuurprag.

Ons kampus is geleë op 8 hektaar grond, waar inheemse- en groentetuine, vrugteboorde en graanvelde ’n natuurlike uitbreiding van interne klaskamers is. In hierdie tuine leer ons nie net wiskunde en chemie nie, maar hervestig die band tussen ons as mense en ons voeding en skep ’n band tussen die skoolgemeenskap en die grond.

Vaardighede vir die toekoms

Aanvullend tot akademiese vaardighede, leer Green School ons studente vaardighede vir die toekoms. Ons susterskool in Bali het die afgelope 11 jaar toegewyd navorsing gedoen om hierdie vaardighede te definieer, en dit vorm die basis van alles wat ons leer. Hierdie vaardighede is:

  • Dink kreatief – wees oorspronklik, wees verbeeldingsryk
  • Aktiveer – voel bemagtig en bemagtig ander. Neem aksie. Maak ’n verskil.
  • Pas aan – buig soos bamboes.
  • Dink krities – soek dieper, vra hoekom, maak koppelings.
  • Wees bewus – leer ken jouself.
  • Werk saam – selfvertroue op jou eie, sterker saam.
    Vind jou weg.
  • Dink in stelsels – staan terug en sien die groter prentjie.
  • Kommunikeer – verwerk, organiseer en druk jouself logies uit.
  • Los probleme op – vind oplossings, probeer,
    identifiseer probleme.

’n Skool gelei deur passievolle opvoeders

Green School Suid-Afrika word deur Andy Wood gelei. Hy is ’n inspirerende opvoeder met meer as drie dekades se onderwysondervinding in Suid-Afrika, die Midde-Ooste en die Amerikas. Hy bring omvattende ondervinding van beide die Suid-Afrikaanse skoolkonteks en Internasionale Baccalaureate-skole tesame met sy liefde vir berg- en rotsklim en voetslaan.

Alba en Herman Brandt was só beïndruk met die besonderse skoolervaring wat hul drie dogters by Green School Bali geniet het, dat hulle vasbeslote was om Green School in Suid-Afrika te vestig. Hulle wil die genotvolle, kreatiewe en vooruitdenkende benadering tot onderwys met ander families in hul eie en ander gemeenskappe deel.

Onderwys vir volhoubaarheid

Met John Hardy, die stigter van Green School-beweging aan die stuur, vervleg ons skool volhoubaarheid deur die algehele leeromgewing, kurrikulum en medekurrikulêre aktiwiteite. Die ontwerp van ons kampus sal ’n voorbeeld van volhoubaarheid vir ons kinders wees soos wat ons innoverende maniere ondersoek om die sonkragmoontlikhede ten volle te integreer, reënwater op te gaar en hergebruik en die impak wat ons op ons omgewing het, te verminder. Ons bied praktiese programme op elke jaarvlak om leerlinge meer bewus te maak van die wêreld se volhoubaarheidsuitdagings en hoe hulle ’n verskil kan maak. Met die leiding van Green School Bali en die sukses van leerling-inisiatiewe soos Bye Bye Plastic Bags, sal ons die idees van leerlinge ondersteun om te verseker dat ons saam ’n positiewe invloed op die omgewing het. Laai ons nuutste prospektus af vir meer inligting oor die Green School-visie, waardes en leerprogramme. Dit bied ook omvattende inligting wat jou sal help om jou gesin se Green School avontuur te begin.

Die Green School International-netwerk van skole

Ja, Green School South Africa, Green School New Zealand en Green School Bali maak deel uit van die wêreldwye Green School-netwerk. Ons werk saam om te verseker dat ons kurrikulumstandaarde en professionele ontwikkeling van onderwysers dieselfde standaarde het, met die erkenning van die unieke konteks van elke skool. Die skoolnetwerke laat studente, onderwysers, personeel uitruil en deel die beste praktyke in volhoubare kurrikulum.

Voornemende ouers en studente

Voltooi asseblief die belangstellingsvorm in om meer uit te vind oor ons program, ons opkomende funksies en om by ons skool se gemeenskap in te skakel.

Vir enige algemene navrae, kontak gerus ons skoolsekretaresse by admin@greenschoolsa.co.za

Voltooi asseblief die volgende vorm om in te skryf op ons nuusbrief, sodat enige nuwe nuus oor ons skool u direk bereik.

Dui asseblief die korrekte opsie aan:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.