Search
Close this search box.

Doelgerigte leerprogram

Green School is ’n spesiale plek wat die afgelope dekade wêreldwyd bewys het dat ’n nuwe model van onderwys nie net moontlik is nie, maar ook noodsaaklik is. Dit het ons geleer dat ’n muurlose omgewing gedagtes oopmaak op ’n manier wat geen betonkas ooit sal nie; dat ware begrip slegs spruit uit praktiese ervaring in plaas van om te leer; dat ’n outentieke betrokkenheid by die plaaslike kultuur en die gemeenskap ongelooflik verrykend is; en het ons keer op keer gewys dat die mensdom se vordering begin uit die nuuskierigheid van ’n kind.

 

Ons het die beste leerplanne van regoor die wêreld gekombineer om iets spesiaals en spesifiek vir Green School te skep. Alhoewel daar wiskunde en wetenskap en geletterdheid is, word dit aangeleer deur tematiese praktiese projekte wat beide entrepreneurskap en volhoubaarheid in die kern het. Ons gebruik die Suid-Afrikaanse kurrikulum as vertrekpunt. Daar is ’n groter fokus op HOE ons onderrig, eerder as op WAT ons onderrig.

Green School se missie om “’n gemeenskap van leerlinge wat ons wêreld volhoubaar maak” te kweek, is die kern filosofie van hoekom en hoe die skool werk. Die “Green School manier” is om voor te berei vir die regte wêreld deur betrokke te wees in die nou, om nou impak te maak en om die vaardighede en ingesteldheid te oefen wat ons later gaan nodig hê, nou.

Die leerprogram between uit drie oorvleulende, geïntegreerde elemente. Die Green School leerprogram poog om ’n balans te vind tussen vaardighede, waardes en dissipline-gebaseerde leerdoelwitte wat leerlinge voorberei vir ’n immer-veranderende wêreld.  Hierdie drie elemente verteenwoordig wat leerlinge leer op alle vlakke in die skool. Elkeen word geïntegreer in elke leerervaring met sorgvuldige oorweging van ontwikkelingsvlak en gereedheid.

At Green School, we believe that learners learn more 

from how they are taught than from what they are taught.

Hoe ons leer

Ons Green School-beginsels is kern oortuigings oor hoe om sterk, volhoubare en impakvolle leerervarings te ondersteun en lei wat ons leerlinge leer. By Green School glo ons dat leerlinge meer leer van hoe hulle geleer word as wat hulle geleer word.

Wat ons leer

Die drie oorvleulende elemente van ons leerprogram is:

Leerdoelwitte (Akademie):

Ons leerprogram volg ’n uniek ontwerpte continuum van leerdoelwitte wat ontwerp is om ’n basis daar te stel waarvan leerlinge hul kennis en vaardighede ontwikkel deur uitdagende en geïntegreerde ondervindinge wat met ons REAL leerbeginsels belyn.

Leerlinge ontdek die verbindings tussen dissiplines soveel as moontlik deur ons drie leerraamwerke: Tematiese klasse, vaardigheidsklasse en eksperimentele klasse.

Beskrywings van vaardigheidsklasse volgens ons Bali-webwerf:

Letterkunde

Wiskunde

Wetenskap

Green School-vaardighede

Deur die Green School-vaardighede in ons leerlinge te ontwikkel, help ons hulle voorberei vir lewenslange leer. Leerlinge leer hierdie vaardighede deur elke deel van ons leerprogram, insluitende projekte, aktiwiteite en klasse.

Green School-waardes

Ons waardes dryf ons gedagtes, woorde en aksies. Hulle is belangrik omdat hulle ons help om onsself te ken, te groei en ontwikkel. Ons besluite is ’n weerkaatsing van ons waardes en oortuigings. Sterk waardes stel ons in staat om verantwoordelikheid te neem vir ons leerproses, om ’n positiewe impak op ons gemeenskap te hê en om te gee vir ons omgewing.

Hoe ons die leerproses struktureer

Drie leerraamwerke

Die pedagogiese struktuur wat Green School gebruik om die kurrikulum te ondersteun, is die drie leerraamwerke. Dit bepaal hoe ons inhoud in die klaskamers aanbied. Hierdie raamwerk is ontwerp om ’n konstante, relevante, afgeronde en omvattende leerervaring te bied. Die drie is:

By Green School poog ons om ons leerlinge te help om die waarde van wat hulle leer te verstaan. Ons doel is om ’n liefde vir leer te kweek wat tot ver buite die klaskamer strek, en uiteindelik lei tot ’n toekoms gevul met passie en geleendhede.

Ouderdomsgroepe

Voorskool (2 - 6-jariges)

Leer Deur Speel

Ons glo dat elke kind dit verdien om die beste moontlike basis vir hulle opvoeding te hê. Ons bied ’n uitmuntende en koesterende omgewing waar elke kind as ’n individu behandel word soos hulle hul unieke leerproses begin om hulle potensiaal te bereik.

Ons speel-gebasseerde program wakker kinders se natuurlike nuuskierigheid aan en laat hulle die vreugde van leer ervaar deur middel van sang, dans, kuns, storievertelling, kulturele vieringe, groen studies en uitstappies op die pragtige kampus.

Ons fokus op holistiese ontwikkeling – fisies, sosiaal-emosioneel, kognitief, kreatief en kultureel deur ons Drie Leerraamwerke (tematies, vaardigheids en eksperimenteel).

 

 

Laerskool (Graad 1 - 5)

Koester en Inspireer

Tydens die laerskooljare inspireer ons kampusontwerp leerlinge om die omgewing beter te leer ken, avontuur te gaan soek, en hul passies uit te leef. Dis ’n tyd vir pret, lag, verkenning en ondersoek, terwyl hulle verhoudings bou, hul kreatiwiteit uitdruk en vuil raak!

Laerskoolleerlinge bemeester kernvaardighede in wiskunde en letterkunde in ’n ondersteunende leeromgewing. Student-geleide, praktiese projekte bevorder ondernemingsgees, omgewingskennis, praktiese vaardighede en die kunste terwyl dit leerlinge help om beter medewerkers en kommunikeerders, etiese besluitnemers en risikonemers te word.

Ons holistiese benadering betrek die vier intelligensies – fisies, emosioneel, intellektueel en interpersoonlik, deur ons Drie Leerraamwerke.

Middelskool (Graad 6 - 8)

Die Oorgangsfase

Ons middelskoolprogram bied leerlinge meer vryheid en verantwoordelikheid om hul eie leerprogram saam te stel, bo-op ’n ferm grondslag van kernvakke. Leerlinge kan hulle eie LO, kuns en letterkunde kursusse kies, wat hulle bemagtig, ondersteun en uitdaag om beheer te neem van hulle leerprogram.

Gedurende hierdie intermediêre jare fokus ons daarop om leerlinge se kritiese denkvaardighede te ontwikkel – dus om dinge te bevraagteken en self antwoorde en oplossings te vind.

Die program is só gestruktureer om kinders van hierdie ouderdomsgroep se natuurlike behoefte aan onafhanklike denke, om saam met maats aan projekte te werk, en om self te ontdek pleks van voorgesê te word, te versterk. Hierdie unieke en progressiewe program fokus volkome op die sosiale en emosionele ontwikkeling van kinders op hierdie opwindende en belangrike ouderdom.

Middelskool gebruik die Drie Leerraamwerke (tematies, vaardigheid en eksperimenteel) terwyl ons leerlinge begin blootstel aan geïntegreerde leereenhede om hulle op hoërskool voor te berei.

Hoërskool (Graad 9 - 12)

Steek die Vuur Aan

Ons siening van onderrig, wat in ons kurrikulum weerspieël word, is dat ons nie besig is om ’n emmer vol te maak nie, maar eerder ’n vuur aan te steek. Ons mikpunt is om kinders “te leer hoe om te leer” deur hulle die nodige vaardighede te gee. Nog belangriker is ons doelwit om by leerlinge ’n liefde vir leer te kweek. 

Ons Hoërskool-program fokus daarop om leerlinge hul eie keuses te laat maak, met die leiding van hul opvoeders en ouers. Ons glo daarin om elke leerling die beste weergawe van hom- of haarself te laat wees. 

Ons wil hê leerlinge moet die wêreld beleef, hul eie persoonlike leerervaring geniet en sien dat ’n mens op enige plek in die wêreld iets kan leer, nie net in ’n klaskamer nie. Hoërskool-leerlinge toon onafhanklikheid, emosionele volwassenheid, geesdrif en kreatiwiteit. Ons program ondersteun hulle om leiers binne die skoolgemeenskap te word.

Die Green School in Bali se oudleerlinge loop vandag klas by universiteite oor die wêreld heen, werk by inspirerende organisasies en streef na opwindende doelwitte. Hulle behaal nie net persoonlike en akademiese sukses nie, maar maak beduidende bydrae as baanbrekers in aksie.

 

Spesialisering

Groenstudies en omgewingswetenskap

Ons omvattende groen kurrikulum draai om alles van ekologie tot volhoubaarheid, terwyl dit leerlinge met ons plaaslike geografiese en kulturele konteks verbind. ’n Praktiese benadering laat leerlinge toe om “hul hande vuil te maak” en “modder tussen hul tone te kry”, terwyl dit ook noodsaaklike vaardighede soos lees, skryf, wiskunde en wetenskap slyp.

Die doel van ons groen kurrikulum is om:

  • Respek vir die natuur te kweek.
  • Leerlinge se omgewinsgbewustheid op te skerp en hulle van hul rol as opsigters van die planeet te leer.
  • Diep ekologiese waardes te ontwikkel.
  • Permakultuur toe te pas as die harmonieuse integrasie tussen natuur en mens om kos, skuiling en energie op ’n volhoubare wyse te verskaf.
  • Leerlinge bewus te maak van en te laat eksperimenteer met al die beskikbare hulpbronne op ons kampus, soos die groentetuine, waterstelsels, veeteelt, energiestelsels en volhoubare en hernubare boumateriale.
  • Volhoubaarheid te verduidelik as ’n web van verhoudings – menslik en nie-menslik – binne gemeenskappe wat hulle in staat stel om volgens die natuur te leef en te ontwikkel.
  • ’n Liefde te kweek om hulself, ander en die wêreld beter te verstaan in maniere wat van respek, begrip en empatie spreek.
  • ’n Gevoel van trots, verantwoordelikheid en samewerking onder die leerlinge te skep as lewenslange studente en toekomstige leiers van die wêreld

Entrepreneurstudies

By Green School is Onderneming en Entrepreneurskap nie net vakke nie – dis ’n manier van dink en doen. Dit vorm ’n kerndeel van onderrig vir ’n volhoubare wêreld. Deur hierdie vaardighede, gewoontes en sienings te ontwikkel, dra leerlinge hul kennis saam met hulle en kan hulle ’n impak op die wêreld maak. 

Leerlinge pas entrepreneursvaardighede op ’n gereelde basis toe – as denkers, vraestellers en aktiewe leerlinge. Dit begin met die jongste leerlinge wat persoonlike eienskappe vorm, en bou op tot in middel- en hoërskool waar ons gevorderde en selfversekerde leerlinge ’n daadwerklike impak op die wêreld begin maak. In die laerskool neem kinders deel aan Groen Ondernemingsprojekte, wat verskeie vorms kan aaneem. Van die stigting van ’n onderneming tot die oplos van werklike probleme soos nuwe kompossisteme, só leer hulle van stelseldenke, ontwerp, samewerking en kreatiewe probleemoplossing.

Die Green School LEAP Academy Intensive Design Challenge gee hoërskoolleerlinge die ruimte, tyd, hulpmiddels en ondersteuning wat hulle nodig het om aan hul eie passieprojekte te werk en oplossings vir werklike probleme te vind.

Die kunste

Musiek, kuns en drama vorm ’n sentrale deel van Green School se onderrig. Ons kunskurrikulum word baie deur ons geografiese ligging geïnspireer – die natuurlik en kulturele eienskappe van Suid-Afrika se wynstreek. Leerlinge sal gereeld verskeie vorms van kreatiewe kuns kan verken, en die vlak van ervaring sal met elke graad toeneem. 

Danksy weeklikse saalbyeenkomste en kampuskunsgalerye sal leerlinge gereeld die geleentheid hê om hul werk uit te stal en binne ’n veilige en waarderende omgewing op te tree. Uitstallings en optredes help om kinders van selfvertroue, selfbewustheid, deursettingsvermoë en samewerking te leer. Wanneer moontlik sal ons ook geleenthede benut om verskillende kunsvorms te kombineer.

Sport en liggaamsopvoeding

Sport en liggaamlike opvoeding is ’n kern deel van die Green School-ervaring. Die fokus is daarop om kinders die geleentheid te gee om ’n verskeidenheid fisieke en sosiale vaardighede aan te leer, terwyl hulle ’n lekker kuier saam met vriende geniet. Ons moedig deelname aan en wil hê dat ons kinders die positiewe voordele van ’n gesonde, aktiewe leefstyl moet ervaar. Kinders kan kies uit ’n verskeidenheid opsies: atletiek, sokker, swem, raakrugby om maar ’n paar te noem. Die omvang en opsies sal afhang van die belange van die kinders en die aantal kinders in elke ouderdomsafdeling. Namate die skool groei, sal ons ’n groter verskeidenheid keuses en veldspanne kan bied.

Ons ligging aan die voet van die Drakenstein-berge bied baie geleenthede vir buitelug- en avontuuropleiding soos bergfietsry, stap en rotsklim.

Welstand

As ons doelwit is om die wêreld ’n meer volhoubare plek te maak, is dit belangrik dat ons eers by onsself begin. 

Hoe leerlinge oor hulself en ander voel, het ’n direkte uitwerking op hul vermoë om te leer en te groei. Ons fisieke, geestelike en sosiale/emosionele welstand beïnvloed alles wat ons doen. 

By Green School het ons juis ’n welstandskurrikulum omdat ons weet kinders leer die beste wanneer hulle gelukkig, aandagtig, aktief en bewus is. 

Alle aspekte van Green School se welstandsprogram (fisieke welstand, sosiale en emosionele welstand, aandagtigheid, en verhoudingsleer) word in drie groepe verdeel, wat leerlinge help om vir hule eie gesondheid en groei verantwoordelik te wees: my verhouding met myself, my verhouding met ander, en my verhouding met die samelewing.

Mylpaal-ervaringe

Die Green School-ervaring sluit verskeie belangrike mylpale in. Spesifieke projekte is ontwerp om belangrike fases van ’n kind se ontwikkeling op sekere vlakke van sy skoolloopaan uit te daag en ook te vier. Hier is ’n paar voorbeelde:

annie-spratt-1Jg-_nekJT0-unsplash

My Voetspore

My Voetspore is ’n spesiale Graad 5-ervaring vir leerlinge wat hul laerskoolloopbaan voltooi. Hierdie program is as ’n tipe jaareindprojek ontwerp wat eindig met ’n uitstalling en voorlegging van hul projek aan die gemeenskap. Graad 5-leerlinge word gedurende hul projek gementor en kan inspirasie uit die Graad 8’s se Passieprojek en die Graad 12’s se Groen Steen-projek put.

anton-darius-ErX6wQFCJsU-unsplash

Passieprojek

Die Graad 8’s se Passieprojek daag leerlinge uit om een van hul passies te identifiseer en dit in ’n projek te omskep wat ’n element van omgewings- of sosiale volhoubaarheid moet insluit.
Hierdie jaarlange program is ietwat van ’n oorgangsritueel by Green School en kan ’n lewensveranderende ervaring vir kinders wees namate hulle die einde van die intermediêre fase bereik. Die projek eindig met ’n voorlegging, in die styl van ’n
TED-praatjie, wat verfilm en gepubliseer word – dit berei leerlinge voor vir hul Groen Steen-projek op hoërskool asook enige voorleggings daarna.

vince-fleming-GvIZU9SvrKg-unsplash

Groen Steen

Die Groen Steen-projek is die hoërskool-mylpaalervaring in Graad 12.
Dit sluit ’n verlengde tydperk van fokus op individuele belangstellings binne ’n akademies raamwerk in, en bied leerlinge die geleentheid om te demonstreer hoe goed hulle navorsings- en voorleggingsvaardighede kon bemeester. Dit word deur die leerlinge self uiteengesit en geïmplementeer en word op hul unieke passies en belangstellings gebaseer. Die finale deel van die projek is ’n 13 minute lange voorlegging, in die styl van ’n TED-praatjie, wat deur die skool verfilm en gepubliseer word.
‘Green School sal die beste aspekte van tradisionele kurrikulums en metodologie handhaaf, maar erken ook die wekroep van die toekoms met ’n vars, verbeeldingryke en innoverende benadering. Ons inspireer kinders om ondersoekende vrae te vra en rus hulle toe met die vaardighede om die antwoorde self te vind.’
– Andy Wood, Skoolhoof

My Voetspore

My Voetspore

My Voetspore is ’n spesiale Graad 5-ervaring vir leerlinge wat hul laerskoolloopbaan voltooi. Hierdie program is as ’n tipe jaareindprojek ontwerp wat eindig met ’n uitstalling en voorlegging van hul projek aan die gemeenskap. Graad 5-leerlinge word gedurende hul projek gementor en kan inspirasie uit die Graad 8’s se Passieprojek en die Graad 12’s se Groen Steen-projek put.

Passieprojek

Passieprojek

Die Graad 8’s se Passieprojek daag leerlinge uit om een van hul passies te identifiseer en dit in ’n projek te omskep wat ’n element van omgewings- of sosiale volhoubaarheid moet insluit. Hierdie jaarlange program is ietwat van ’n oorgangsritueel by Green School en kan ’n lewensveranderende ervaring vir kinders wees namate hulle die einde van die intermediêre fase bereik. Die projek eindig met ’n voorlegging, in die styl van ’n TED-praatjie, wat verfilm en gepubliseer word – dit berei leerlinge voor vir hul Groen Steen-projek op hoërskool asook enige voorleggings daarna.

Groen Steen

Groen Steen

Die Groen Steen-projek is die hoërskool-mylpaalervaring in Graad 12. Dit sluit ’n verlengde tydperk van fokus op individuele belangstellings binne ’n akademies raamwerk in, en bied leerlinge die geleentheid om te demonstreer hoe goed hulle navorsings- en voorleggingsvaardighede kon bemeester. Dit word deur die leerlinge self uiteengesit en geïmplementeer en word op hul unieke passies en belangstellings gebaseer. Die finale deel van die projek is ’n 13 minute lange voorlegging, in die styl van ’n TED-praatjie, wat deur die skool verfilm en gepubliseer word. ‘Green School sal die beste aspekte van tradisionele kurrikulums en metodologie handhaaf, maar erken ook die wekroep van die toekoms met ’n vars, verbeeldingryke en innoverende benadering. Ons inspireer kinders om ondersoekende vrae te vra en rus hulle toe met die vaardighede om die antwoorde self te vind.’ - Andy Wood, Skoolhoof