Search
Close this search box.

Loopbane

Hoërskool Fisiese Wetenskap-onderwyser

‘n Wetenskaponderwyser help ons om sin te maak van die wêreld om ons, gee vir ons flikkeringe van begrip, en inspireer ons met maniere waarop ons die wêreld ‘n beter plek kan maak. Wetenskap en wetenskaplike denke is ongelooflik belangrik in alle skole, maar veral in ‘n skool waar ons leer vir volhoubaarheid. ‘n Skool waar die gemeenskap ‘n gedeelde liefde vir die natuur het en ‘n gedeelde doel om volhoubare lewens te leef.

Ons is op soek na daardie spesiale wetenskap onderwyser wat daarvan hou om met hoërskoolleerders te werk, wat self verwonderd staan oor wat die wetenskappe ons leer, wat alles moontlik is, en nog wag om ontdek te word. 

Iemand wat dit geniet om buite te wees en wetenskap werklik te maak, wat die towerkrag van wetenskap kan deel en daardeur kinders se natuurlike nuuskierigheid prikkel.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2021

Aanvangsdatum: Onderhandelbaar in 2022

Musiek-onderwyser

Musiek kan die mees verrykendste klas in die skool wees, ‘n universele taal wat kognitiewe – en wiskundige- en taalvaardighede bevorder – daar is ‘n eindelose lys! Dit bring vreugde en lig in ons lewens, het die vermoë om emosionele ontwikkeling te ondersteun, so ook fyn motoriese ontwikkeling, kan spanning verlig. Kreatiwiteit stimuleer en vreugde, eindelose vreugde bring!

Ons is op soek na daardie spesiale musiek-onderwyser wat daarvan hou om met alle ouderdom kinders te werk, wat praktiese klasse wil aanbied, wat ukulele, marimba en dromme kan speel, wat lief is vir sing en liedjies in Afrikaans, Engels en Xhosa ken.

Groenskool is ‘n unieke skool waar ons leer vir volhoubaarheid. Dit is ‘n vreugdevolle plek en musiek speel ‘n groot rol om die feestelike atmosfeer te skep.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2021

Aanvangsdatum: Onderhandelbaar in 2022

Aflos-onderwysers

As ‘n nuwe skool, moet ons ‘n databasis opstel van aflos-onderwysers wat ons kan uithelp wanneer iemand siek is of op kraamverlof gaan.

As ‘n unieke skool, is ons op soek na unieke individue, passievol oor onderwys en ook passievol oor volhoubaarheid. Ons leer nie net inhoud by ons skool nie, maar streef daarna om jong mense te inspireer, asook ons hele skoolgemeenskap om volhoubare lewens te lei, lewens met ‘n doel en om deel te wees van positiewe veranderinge in die wêreld.

Indien jy belangstel om ons te help en om deel te wees van ons skool se storie en impak, vul asb die vorm hieronder in.

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2021

Junior onderwyser

Ons is op soek na nuut-gekwalifiseerde, geïnspireerde individue wat wil deel word van ‘n uitgesoekte span Green School-onderwysers.

Ons soek na pioniers, na passievol onderwysers wat alreeds volhoubare leefstyle het, en wat ‘n voorbeeld kan wees vir ons leerders, mekaar en ons gemeenskap.

As jy opgewonde oor jou loopbaan in onderwys is, as jy uitsien daarna om ‘n groot, positiewe impak op kinders te maak en wil bydra tot die volhoubaarheid van ons planeet, dan is die Groenskool die plek vir jou!

Sluitingsdatum: 30 Oktober 2021

Aanvangsdatum: Januarie 2022