Search
Close this search box.

Ons ligging

Green School Suid-Afrika is ongeveer 7 km buite die Paarl in die Wes-Kaap geleë op die Simondium (R45) pad. Die kampus pronk tussen asemrowende berge en word deur wingerde en vrugteboorde omring. Ons seisoene is onmiskenbaar met koue, nat en stormagtige winters, droë, warm somers en vars, groen lente- en herfstye getooi in die mooiste kleure!

Ons kampus strek oor 8 ha grond, wat ons genoeg ruimte gee om ons eie kos te groei, unieke en individuele leerbuurte vir kleuterskool, primêre, middel- en hoërskool te hê, asook ’n gemeenskaplike area en ’n sportveld.

Al die geboue is ontwerp om ’n kalm, gebalanseerde, omgewing te skep waar kinders altyd visueel en emosioneel tot die natuurlike landskap verbind kan voel.

’n Nota van ons argitekte

Green School Suid-Afrika, ‘n kontemporêre, innoverende en omgewingsvriendelike kampus vir leerlinge van voorskool tot matriek, geleë in die Paarl-vallei,  word omring deur Paarlberg, die Drakenstein bergreeks en Simonsberg. Hierdie makro konteks het tot n groot mate die vormgewing en ruimte-skepping van die ontwerp beïnvloed. Saamgegroepeerde geboue, vrugteboorde, groentetuine, buitelig amfiteaters en ‘n doolhof, skep saam interessante tussen-ruimtes waar kinders kan speel en leer. 

‘n Netwerk van wandelpaadjies van herwinde boumateriaal, leiwater vore, lae werfmure van klip en kalk, verbind die verskillende geboue en buite ruimtes en bring die gevoel mee van ‘n reistog wat opwinding en nuuskurigheid ontlok. Deur die gebruik van verskeie materiale en argitektoniese elemente soos dekriet, kalk, werfmure en watervore word daar terug verwys na die omliggende kulturele landskap. Die materiaalgebruik, orientasie en passiewe ontwerpsbeginsels het die ontwerpe ook gedryf om gemaklike interne ruimtes te skep.

 Al die elemente wat deelmaak van die Groenskool voldoen aan die ‘Living Building’ vereistes, wat maak dat dit die eerste skool in Afrika sal wees wat dié spesifieke sertifisering sal ontvang. Die kampus voldoen nie net aan die vereistes uiteengesit soos in die ‘Living Building Challenge’ nie, maar ook aan die goeie energie kwadrante van feng shui. Saam sorg dit vir harmonieuese ruimtes waar mens en natuur kan seevier.