Search
Close this search box.

Welkom by Green School Suid-Afrika – “thrive with purpose”

Welkom by ’n skool waar ons fokus op kreatiwiteit, innovasie en entrepreneurskap. Welkom by ’n skool wat poog om sy studente en gemeenskap te inspireer en toe te rus om hulle doelstellings na te streef, nou en in die toekoms. Welkom by ’n kampus wat die sintuie prikkel en kinders en grootmense in verwondering laat staan. Welkom by Green School Suid-Afrika.

Green School Suid-Afrika is toegewyd tot onderwys vir volhoubaarheid op ’n progressiewe, student-georiënteerde manier. Ons fokus daarop om jong mense voor te berei vir ’n veranderende wêreld. Ons goed nagevorsde onderwysbenadering is spesifiek ontwerp om ’n liefde vir leer te kweek as ’n wonderlike, vreugdevolle ervaring en ons leer ons studente die vaardighede wat ons glo nodig is om te floreer: nou én in die toekoms.

Ons glo dat elke kind sy unieke leervoorkeure het, en met 1 onderwyser vir elke 10 studente kan ons ’n persoonlike benadering vir elke student volg.

Ons is deel van die internasionale Green School beweging wat in 2008 begin is deur Green School Bali. Suid-Afrika gaan die derde skool in die netwerk wees, saam met Green School Bali en Green School Nieu-Zeeland.

Vanaf Januarie 2021 bied ons kleuterskool (ouderdomme 1 – 6) en graad 1 – 8 aan, met jaarlikse uitbreidings totdat die skool tot graad 12 gegroei het. Ons hoogs gekwalifiseerde onderwysers bring ryk lewenservarings na die leeromgewing, en onderrig vind plaas in beide Afrikaans en Engels.

’n Plek gekies met liefde vir die natuur

Ons skool is in die vrugbare Paarl-Franschhoekvallei geleë, omring deur die mooiste berge in ’n area bekend vir sy plantrykdom en natuurprag.

Ons kampus is geleë op 8 hektaar grond, waar inheemse- en groentetuine, vrugteboorde en graanvelde ’n natuurlike uitbreiding van interne klaskamers is. In hierdie tuine leer ons nie net wiskunde en chemie nie, maar hervestig die band tussen ons as mense en ons voeding en skep ’n band tussen die skoolgemeenskap en die grond.

Die kampus is volgens  wêreldklas volhoubaarheidsstandaarde ontwerp wat sonenergie insluit as hernubare kragbron, sterk fokus op klimaatsspesifieke waterbestuurstelsels waar water filtreer en hergebruik word. Ons natuurgeïnspireerde ontwerp beoog om by te dra tot die skoolgemeenskap se gevoel van tuiste, en om generasies van studente en besoekers to inspireer en verkwik

Vaardighede vir die toekoms

Aanvullend tot akademiese vaardighede, leer Green School ons leerlinge vaardighede vir die toekoms. Ons susterskool in Bali het die afgelope 11 jaar toegewyd navorsing gedoen om hierdie vaardighede te definieer, en dit vorm die basis van alles wat ons leer.

Hierdie vaardighede is:

  • Dink kreatief – wees oorspronklik, wees verbeeldingsryk.
  • Aktiveer – voel bemagtig en bemagtig ander. Neem aksie. Maak ’n verskil.
  • Pas aan – buig soos bamboes.
  • Dink krities – soek dieper, vra hoekom, maak verbindings.
  • Wees bewus – leer ken jouself.
  • Werk saam – selfvertroue op jou eie, sterker saam. Vind jou weg.
  • Dink in stelsels – staan terug en sien die groter prentjie.
  • Kommunikeer – verwerk, organiseer en druk jouself logies uit.
  • Los probleme op – vind oplossings, probeer, identifiseer probleme.

Vreugdevolle leer, gegrond op opvoedkundige uitmuntendheid

Green School Suid-Afrika verskaf hoë kwaliteit onderwys in ’n ondersteunende leeromgewing. Ons bied omvattende, multi-dissiplinêre leerondervindinge aan wat die fisiese, emosionele, intellektuele ontwikkeling asook die vermoë om jouself uit te druk, in elke kind aanmoedig. Bo en behalwe uitnemendheid in wiskunde, Afrikaans, Engels, wetenskap en sosiale studies, bied ons ook eksperimentele klasse in entrepreneurskap, omgewingstudies, kuns, musiek en gesondheidswelsyn aan. Maar die belangrikste, ons vier die wonder van leer, en bring vreugde en opwinding in die skoolomgewing.

Die kaliber van ons kurrikulum, saam met die internasionale reputasie van Green School, maak dit vir ons leerlinge moontlik om toegang te kry tot ander opvoedkundige instansies, plaaslik en internasionaal. Green School se matrieks studeer huidiglik by van die mees prominente unversiteite in die wêreld, insluitende Harvard, Yale en Cambridge. Ons internasionale netwerk van skole skep addisionele internasionale geleenthede vir ons studente.

’n Muurlose leeromgewing

Eerder as om vasgevang te wees tussen vier mure, integreer ons die binne-en buitenshuise leeromgewings, en moedig studente aan om bande met hulle omgewing te vorm en wyer daaroor te dink. Die natuurlike, holistiese omgewing moedig avontuur, nuuskierigheid, pret en kreatiewe uitdrukking aan. Ons ondersteun ons studente in hulle soeke na avontuur, om met mekaar en hulle gemeenskap verhoudings te bou, en om dit regtig te geniet om elke dag skool toe te kom.

Onderwys vir volhoubaarheid

Ons toekomsgeoriënteerde, natuurgebasseerde kurrikulum moedig jongmense aan om die uitdagings wat die wêreld vandag in die gesig staar, aan te gryp, en bemagtig hulle om ons planeet meer volhoubaar te maak. Ons ondersteun ’n etiese, kreatiewe en entrepreneuriese uitkyk wat ons glo nodig is vir ’n positiewe toekoms op ons planeet. Ons liefde vir die natuur is duidelik in elke fase van die leerervaring, binne en buite die klaskamer. Met ons susterskool in Bali wat benoem is as die “Groenste skool op aarde” kan ons hulle ervarings gebruik as beginpunt om ’n skoolgemeenskap te bou wat toegewyd is tot volhoubaarheid. Ons glo hierdie benadering is krities.

Upcoming Events

June 16, 2019

Off-site discovery Tour - The Stellenbosch Winelands

Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

June 17, 2019

Discovery Tour - The Stellenbosch Campus Garden

Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

June 18, 2019

New Student Orientation - Meet & Greet, Parents only.

Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

June 19, 2019

Campus Tour and Info Session - General Orientation

Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

June 20, 2019

Off-site discovery Tour - Stellenbosch Museums & Galleries

Click edit button to change this text. Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

View the prospectus

Our prospectus will give you a deeper insight into the Green School South Africa learning programme, while also providing detailed information that will help you begin your Green School journey.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Voornemende ouers en studente

Voltooi asseblief die belangstellingsvorm in om meer uit te vind oor ons program, ons opkomende funksies en om by ons skool se gemeenskap in te skakel.

Vir enige algemene navrae, kontak gerus ons skoolsekretaresse by admin@greenschoolsa.co.za

Voltooi asseblief die volgende vorm om in te skryf op ons nuusbrief, sodat enige nuwe nuus oor ons skool u direk bereik.

Dui asseblief die korrekte opsie aan:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.