Grondslagfase: Graad R – 2

Ahoy me hearties! Ons nooi alle Graad R tot 2- verkenners om saam te kom op ’n maand-lange avontuur om die sewe seë te verken! Ons gaan na die geskiedenis van see- verkenning kyk en ’n bietjie seerowerpret hê!

Ons gaan in detail induik in tale en nommers deur ons tematiese benadering tot leer. Vorms in vlae, meting van geboue, tel van ons buit en kaartwerk om die skatte te vind! Ons gaan met oorlogskepe speel en op ekspedisies gaan. ’n Kapteinsjoernaal byhou van ons avonture en om lysies te maak van ons benodighede (soos klinkers en klanke, of boeke en skoene.)

In hierdie ouderdomgroep is vaardighede soms wyd uiteenlopend. Om te lees in jou moedertaal, of lees in ’n addisionele taal, en die begrip van wiskundige konsepte is baie verskillend. Ons bied dus klasse in hierdie groep in twee kategorieë aan: Varings en Proteas. Varings is nog opgekrul en besig om stadig oop te sprei om die wonder van letters en nommers in te neem. Proteas is meer gehard, en het al sterker wortels gevorm om te kan oorleef in moeiliker omstandighede. Kies gerus die groep waarin jou kind behoort.

Opsies

Varing-groep

Protea-groep

Wiskunde

10:00 – 10:45

11:00 – 11:45

Afrikaans

11:00 – 11:45

12:00 – 12:45

English

12:00 – 12:45

9:00 – 9:45

Opsies:

Varing-groep

Protea- groep

Wiskunde

10:00 – 10:45

11:00 – 11:45

Afrikaans Eerste Taal

11:00 – 11:45

12:00 – 12:45

English First Language

10:00 – 10:45

9:00 – 9:45

Wiskunde

Ons gaan kyk na nommers, verhoudings en bewerkings in verskillende maniere. Nommer- konsepte en probleem oplossing gaan baie pret wees met ons tematiese benadering.

Ons gaan op ’n ekspedisie gaan om patrone te soek, nie net in wiskunde nie, maar orals rondom ons – soos byvoorbeeld in vlae.

Vorms gaan oopgesny word soos viskoppe vir ’n braai en ons gaan kyk na simmetrie en tessellasies.

Kom speel met tyd en meting in buite-die-boks maniere.

Miskien word ons weggevoer met datahantering tydens prettige skarreljag!

In ons kursusinhoud, is die volgende ingesluit:

  • Nommers, bewerkings en verhoudings
  • Patrone, funksies en algebra
  • Spasies en vorms (geometrie)
  • Meting
  • Datahantering

Afrikaans

Luister en praat sal koning kraai in meeste van die klasse maar ons gaan ook fokus op die fynere detail van die taal. Ons gaan lees aanpak deur dit eers uitmekaar te haal en mooi te kyk na ons grondslag van fonetiese vaardigheid en kennis. Briewe, resepte, notas in bottels, skeepsdagboekinskrywings en instruksies sal geskryf word binne ons tema gebasseerde aanslag. Vir die jonger verkenners kan ons ook loer na handskrif en kyk waar ons kan help met aktiwiteite wat fynmotoriesevaardighede ontwikkel.

In ons kursusinhoud, is die volgende ingesluit:

  • Luister en praat
  • Lees en klanke
  • Skryf
  • Handskrif
  • Dink en redeneer en taalstruktuur en -gebruik

English

Listening and speaking will be central to most of our lessons and we will investigate the finer detail of English. We will take on reading by deconstructing it first and making sure that there is a firm, phonetic foundation in place. Letters, recipes, messages in bottles and captain’s logs will be written. This will all happen under the umbrella of our thematic approach, making it so much fun! For the younger explorers we will also take a look at letter formations, which will involve activities to develop fine motor skills. 

In our course planning, we have incorporated the following:

  • Listening and speaking
  • Reading and phonics
  • Writing
  • Handwriting
  • Thinking and Reasoning 
  • Language Structure and Use

Ontmoet ons onderwysers!

Ontmoet ons ongelooflike onderwysers – hierdie is pragtige, inspirerende vroue wat hulle man kan staan vir ‘n’n uitdaging! 

Hulle gaan julle kinders vermaak, hul nuuskierigheid prikkel, en kreatiwiteit stimuleer.

Kaptein Esbè, van die Paarl, Suid-Afrika

Hallo! Ek’s Kaptein Esbè

Ek bly in die pragtige boland, ’n klipgooi van die nuwe Green School Suid-Afrika-kampus, met my man en 3 jong kinders. Ek geniet dit só om deel te wees van die Green School-span en is mal oor die kreatiewe manier waarop ons lesse kan aanbied!

Kwalifikasies:

Esbè het ’n B.Ed. Grondslagfase-graad van die Universiteit  van Stellenbosch.

Kaptein Liza, van Utrecht, Nederland

Hallo! Ek is Kaptein Liza en ek bly nou al in Nederland vir amper ’n jaar.. 

Ek volg die Green School- storie al vir baie jare, en is opgewonde om deel te wees van hierdie wonderlike avontuur. Ek is ’n gekwalifiseerde joga- en kinderjoga- afrigter en ek hou baie daarvan om beweging en bewustheid in my klasse in te sluit.

Kwalifikasies:

Liza het ’n BA-graad van die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n NGOD-diploma.

felis Curabitur venenatis, ut fringilla Praesent ut sem, elit. elit. nec