Verkennersklub

Welkom by Green School Suid-Afrika se interaktiewe, video-gebaseerde aanlyn-leeravontuur!

Kom leer saam van 1 Junie tot Desember 2020, waar ons daagliks interaktiewe Zoom-klasse van Graad R tot 8 gaan aanbied met ’n spesiale fokus op die kernvaardighede van Wiskunde, Afrikaans en Engels. Ons kursusse gaan al die belangrikste konsepte en vaardighede per graad of fase dek, en gaan deur ervare onderwysers in ’n unieke Groenskool manier aangebied word. Ondersoekende, prettige, probleem-oplossende ervarings met die doel om kinders se verbeelding te prikkel, om te wys dat daar soveel in die wêreld is om te verken en om ’n gevoel van wonder te skep – saam met ’n aanlyn portuurgroep.

Ons ondervinding met Verkennersklub het gewys dat alhoewel fisiese nabyheid nooit deur ’n skerm vervang kan word nie, om maats te maak, saam te lag, te luister na ander se vrae en saam aan iets te werk, uiters waardevol is. In hierdie klein groepe bou kinders verhoudings met die opvoeders en hulle mede-leerders wat verder strek as net die klasse. Dit is lieflik om te sien, en bevestig net weer dat kinders sosiale interaksie nodig het.

Ons onderwysers spog almal met baie ervaring en is vertroud met ons plaaslike én internasionale kurrikulums. Hulle is passievol oor akademiese standaarde en om ’n kurrikulum aan te bied op ’n interessante, onderhoudende en vreugdevolle manier. Ons wil hê dat kinders na klasse moet uitsien, stimulerende uitdagings moet ervaar, en weg stap met nuwe motivering.

Ons klasse word in temas aangebied, en hierdie dien as ‘sambrele’ waaronder ons inhoud saamvoeg. Byvoorbeeld, ‘see-avonture’ kan wiskunde insluit, navigasie, sterrekunde, geskiedenis en literatuur in ’n eenvormige manier wat die verbeelding prikkel. Hoe het die seerowers van die Karibiese Eilande hulle pad na Jamaica gevind?

Dit maak ons opgewonde om dié program te loods wat vir gesinne ’n alternatief gaan bied vir die res van 2020, om seker te maak dat kinders verstandelik gestimuleer word, nuuskierigheid aangewakker word, en om die geleentheid te skep om saam met ander maats in ’n vreugdevolle en betrokke manier akademies aktief te bly.

Hieronder vertel ons meer van die klasse wat ons gaan aanbied, en gee ’n kort opsomming van die ongelooflike span onderwysers wat hierdie moontlik maak.

Hoe werk Verkennersklub?

Inskrywings werk op ’n maand-tot-maand basis, en julle kan inskryf vir een of meer klasse. Daaglikse interaktiewe video-klasse van 45 minute elk word aangebied vir 20 dae elke maand.

Ons kursusse is gebaseer op sterk akademiese grondslag, wat hieronder omskryf word.

Tussen maande gaan ons ’n 2-dag langnaweek hê, en elke tweede maande ’n week-lange breek.

Die maksimum klasgrootte is 10, en die minimum is vyf. Indien daar nie genoeg inskrywings vir ’n spesifieke klas is nie, sal ons met ouers kommunikeer of dit gekanselleer word, en of groepe saam geplaas word.

Sommige klasse word in ’n dubbelmedium-omgewing aangebied, en sekeres slegs in Afrikaans of Engels. Dit word hieronder duidelik uiteengesit.

Kostes beloop R2 000 per klas, per maand.

Datums

Maand

1 – 26 Junie

1 – 28 Julie

6 Augustus – 2 September

7 September – 2 Oktober

12 Oktober – 6 November

11 November – 8 Desember

Tema

See-avonture

See-avonture

Land-avonture

Land-avonture

Lug-avonture

Lug-avonture

Kies hieronder die fase waarvoor julle wil inskryf. Dit gaan na ’n vorm waar ons basiese inligting vra oor die leerder, taalvoorkeur, klasse, ens.

Om die administratiewe kant van betalings te vereenvoudig, word dit deur Payfast-betalings gedoen. Dit is ’n vinnige, veilige stelsel wat administrasietyd verminder, en veral help met internasionale betalings.

vel, libero. eget venenatis leo. risus